Kanada, VN ondersoek SA oor Iran-transaksies
2012-03-18 11:30
Johannesburg – Kanada en die Verenigde Nasies (VN) gaan ondersoek instel oor Suid-Afrika se rol om sanksies teen Iran te laat misluk, het die Sunday Times Sondag berig.
Kanada se Border Services Agency (CBSA) stel ook ondersoek in, aangesien die Kanadese maatskappy Eagle Copters ook geïmpliseer word in die voorval.
Volgens ‘n berig in die Sunday Times verlede week is Suid-Afrikaanse frontmaatskappye gebruik om Amerikaanse helikopters en parte na Iran uit te voer.
Aangesien sommige van hierdie parte vir militêre doelwitte gebruik kan word, het hulle sanksies van die VN oortree.
Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, se woordvoerder, Kgalalelo Masibi, het Donderdag gesê Madonsela is besig om uit te vind of sy jurisdiksie het om die saak te ondersoek.
“Sy ondersoek nie, sy assesseer die versoek,” het Masibi gesê.
Dit volg op ‘n versoek deur adjunk-president Kgalema Motlanthe om die bewerings te ondersoek, waarby sy lewensmaat, Gugu Mtshali, betrek word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA