Kalfie enigste slagoffer in taxi-ongeluk
2012-01-03 21:49
Durban – Mediese werkers het probeer om ‘n kalfie se lewe te red wat Dinsdag deur ‘n minibus-taxi in Durban getref is, maar die dier is dood kort nadat dit by ‘n veearts se kliniek aangekom het.
Paramedici op die ongelukstoneel buite Hillcrest het – nadat hulle vasgestel het dat geen van die passasiers van die taxi beseer is nie – hulle aandag op die dier toegespits.
“Die dier was in baie pyn,” het Derrick Banks, ‘n woordvoerder van ER24, gesê.
“Die paramedici het die kalfie versigtig op ‘n draagbaar gesit en na die Waterval-kliniek vir diere gehaas.”
“Ongelukkig was die kalfie ernstig beseer en is hy by die kliniek dood.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA