Kaboel-slagoffers se name bekend
2012-09-19 18:26
Johannesburg – Die name van die agt Suid-Afrikaners wat in ‘n selfmoordbomaanval in Kaboel, Afganistan, gesterf het, is deur die departement van internasionale betrekkinge en samewerking uitgereik.
Die departement het reeds die oorledenes se familielede gekontak.
Nelson Kgwete, ‘n woordvoerder, het in ‘n verklaring gesê die naasbestaandes het die departement toestemming gegee om die slagoffers se name bekend te maak.
Die slagoffers is:
- Christian Johannes Justus Pretorius (30) van Pretoria, Gauteng
- Fraser Angus Carey (31) van Johannesburg, Gauteng
- Brandon Quinn Booth (47) van Balgowan, KwaZulu-Natal
- Johan Abraham van Huyssteen (31) van Port Elizabeth, Oos-Kaap
- Johan Frederick Bouchaud (30) van Johannesburg, Gauteng
- Johannes Judenis Humphries (65) van Centurion, Gauteng
- Steven Leong (31) van Johannesburg, Gauteng
- Jenny Margaret Ayris (46) van Skotland in die Verenigde Koninkryk
Die regering het sy innige meegevoel met die familielede, vriende en kollegas van die oorledenes gedeel.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA