Kabinet steun kurrikulum-verandering
2009-11-05 19:03
Kaapstad - Die kabinet het Woensdag sy volle steun aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se inisiatief vir die voorgestelde veranderinge aan die nasionale kurrikulum, toegesê.
Hierdie veranderinge is in ‘n verslag deur kenners, wat aangestel is om die leerplan na te gaan, uiteengesit.
Dié kenners het ‘n vyfjaarplan om die onderwysstelsel verbeter, voorgestel.
Dit sluit in om die beleid uiteen te sit, die rol van vakadviseurs uit te klaar, die aantal werk vir onderwysers en hul administratiewe las aan te spreek, en die opleiding van onderwysers.
Motshekga sal Donderdagmiddag 'n voorlegging oor dié veranderinge aan die Nasionale Vergadering maak.
Themba Maseko, regeringswoordvoerder, sê die kabinet glo dat dié verandering baie sal doen om die kwaliteit van onderwys en skole te verbeter. Hy sê dit spreek ook die kwelpunte van onderwysers, ouers, leerlinge en akademici aan.
Rwandese studente wat aan Suid-Afrikaanse universiteite studeer, sal ook voortaan vir die doeleindes van studiegeld as plaaslike studente gesien word.
Dié drie jaar lange tegemoetkoming sal tot honderde studente, wat op die Rwandese regering se studiebeurse wetenskap, besigheid en ingenieurswese studeer, van toepassing wees.
Dit sal sowat R5.5 miljoen oor die drie jaar tydperk beloop en sal deel wees van ‘n ooreenkoms wat tussen die Suid-Afrikaanse departement van hoëronderwys en die Rwandese owerhede geteken sal word.
- Sapa