Kaapstad-woonbuurt kan kragonderbrekings verwag
2011-05-17 15:22
Johannesburg – Die woonbuurt Gardens in Kaapstad sal tussen Donderdag en Vrydag vir verskeie ure sonder elektrisiteit gelaat word, het die stad Dinsdag gesê.
Die kragonderbreking sal tussen 17:00 Donderdag en 02:00 Vrydag wees, het woordvoerder Charles Cooper in ‘n verklaring gesê.
Strate wat deur die kragonderbreking geraak sal word is Canterbury, Clare en Maynard.
Die rede vir die onderbrekings sal wees as gevolg van die opgradering van die omgewing se elektrisiteit-netwerk.
Navrae kan gemaak word op 0800 220 440.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA