Kaapstad kry eersdaags nuwe gebou van 139 m

2011-08-05 09:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Wolkekrabber wat die aangesig van die Moederstad gaan verander, word aanstaande Vrydag bekend gestel.

Dié gebou gaan op die stuk skoongemaakte grond op die hoek van Buitengracht en Hans Strijdomlaan opgerig word.

Die oorspronklike planne om hier te bou is vroeg in 2010 eers deur Old Mutual se eiendomsontwikkelaars agterweë gehou.

Volgens die ou bouplanne sou die gebou 150 m hoog gewees het, maar met die nuwe planne word ’n gebou van 139 m hoog beplan.

Onderhandelings het in 2009 botstil gestaan weens die ekonomiese ineenstorting.

Nou het Old Mutual Property en FirstRand Bank uitnodigings uitgestuur vir ’n amptelike sooispit-geleentheid aanstaande Vrydag om die konstruksie van die toringblok Portside, wat as ’n nuwe baken beskryf word, te vier.

Die premier, Helen Zille, is die genooide spreker.

Die nuwe provinsiale hoofkantoor vir die drie onderafdelings van FirstRand Bank – First National Bank, Rand Merchant Bank en WesBank – word in die nuwe gebou gehuisves. Die gebou sal volgens plan in 2013 voltooi word.

Brent Wiltshire van Old Mutual Property het Donderdag gesê hoewel die bouprojek bekend gestel gaan word, moet die stadsraad eers nog veranderings aan die planne goedkeur. Die grond is in 2007 vir R89 miljoen van die stadsraad gekoop.

Voorheen sou die wolkekrabber uit ’n hotel, kantoorsentrum en plek vir handelsbedrywighede bestaan, maar die hotelgedeelte is intussen laat vaar.

Die gebou gaan blykbaar ’n bushalte van die MyCiTi-busdiens huisves. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad  |  geboue

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.