‘Kaapstad in apartheid vasgevang’

2011-04-27 08:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ANC-ondersteuners moet hul stemme nie weggooi deur nie ’n kruisie op 18 Mei te trek nie, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê.

“Moenie jul stem weggooi nie – laat dit praat. ’n Stem vir enige ander party is ’n ‘stil stem’.

“Mense wat hulself liefhet, sal vir die ANC stem,” het hy tydens die ANC se verkiesingsveldtog in Soweto gesê.

Dit kom te midde van bespiegelings dat baie mense wat voorheen vir die ANC gestem het, op 18 Mei hul ontevredenheid met die gehalte van dienslewering te kenne gaan gee deur nie te stem nie.

Volgens die ANC-leier is Kaapstad steeds in apartheid vasgevang. Die Kaapstad van gister is die Kaapstad van vandag, het hy gesê.

“Die tyd het gekom,” het hy in Afrikaans gesê en in Zoeloe vervolg, “dat Kaapstad verander.”

Hy het ’n krans by die Hector Pieterson-gedenkteken gelê voordat hy honderde ondersteuners in Zoeloe toegespreek het.

Zuma het sy kenmerkende “Awuleth’ Umshini wami” (bring my masjiengeweer) tot groot vermaak van sy ondersteuners gesing.

Hy en sy gevolg, onder wie Winnie Madikizela-Mandela, is daarna na die huis in Vilakazi­straat waar sy saam met oudpres. Nelson Mandela gewoon het. Zuma het in die besoekersboek geskryf: “Dit voel goed om weer hier te wees.”

Daarna het hy ’n plakkaat voor die huis opgesit en grappenderwys aan fotograwe gesê hul mag slegs foto’s neem as hulle vir die ANC gaan stem.

Die president het ook die Dube-hostel en Jabulani Mall besoek waar hy inwoners toegespreek het.

Daarna is hy na die Maponya Mall waar Richard Maponya, die ontwikkelaar van die winkelsentrum, hom en sy gevolg onthaal het.

Sekondes voordat Zuma by die winkelsentrum ingegaan het, was daar ’n wolkbreuk. Sy ondersteuners het dit as ’n seën beskryf.

Hoewel honderde mense gretig op Zuma gewag het en die ANC se Harley Davidson-brigade hul motorfietse laat brul het, het die meeste mense in die sentrum ongestoord met hul inkopies voortgegaan.

Cedric Namakondo, ’n veiligheidswag by die sentrum, was nie juis beïndruk nie.

“Ek weet nie vir wie om te stem nie. Ek wag al jare vir my Hop-huis, maar elke keer as ek bel, sê hulle ek moet geduldig wees.”

Namakondo, wat in Chiawelo woon, het gesê straatligte is onlangs daar aangebring, maar hy vermoed dit is net om mense vir die ANC te laat stem.

“Dit sal seker binne twee weke ophou werk.”

Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: verkiesings  |  anc  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.