Kaapstad: Slapende man sterf in brand
2011-12-27 16:12
Kaapstad – 'n 25-jarige man is dood en 47 mense is dakloos gelaat ná plakkershutte in Blaauwberg in Du Noon afgebrand het, het Stad Kaapstad Dinsdag gesê.
Wilfred Solomons-Johannes, hoof van die rampbestuursentrum, het gesê die man wat dood is, was vas aan die slaap toe 'n brand Maandagaand in die gebied uitgebreek het.
Die brand het 20 plakkershutte in puin gelê, insluitend die een waarin die man geslaap het.
Die familie van die slagoffer ontvang traumaberading.
Diegene wat hulle wonings kwyt is, het kospakkies, klere, komberse en boumateriaal ontvang.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA