Kaapse universiteit stop klasse
2009-08-03 17:41
Kaapstad – Klasse by die Kaapse Skiereiland-universiteit van Tegnologie (KSUT) is Maandag gestop ná protesaksie deur studente oor ‘n verhoging van klasgelde.
Volgens die adjunkpresident van KSUT se studenteraad, Tinyiko Masondo, is studente ontevrede oor ‘n beoogde verhoging van klasgelde volgende jaar, berig die SABC.
Masondo het gesê duisende studente het voor die hekke van die universiteit se kampus in Bellville vergader om te wag vir terugvoer op die nuus.
Volgens die SR-adjunkpresident sal studente op alle kampusse Dinsdag voortgaan om klasse te boikot as klasgelde sou styg.