Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Kaapse universiteit gee prof die trekpas

2010-02-04 11:01
Tweets Share Share line Print

Marelize Potgieter

Kaapstad - Maande ná geweld oor klasgelde op die kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) uitgebreek het, is die instelling weer in die kollig.

Die voormalige dekaan van die fakulteit besigheidstudie by KSUT, prof. Mohamed Saheed Bayat, is op drie aanklagte van ernstige akademiese en administratiewe onreëlmatighede skuldig bevind en van Maandag ontslaan.

Nog drie senior personeellede van die universiteit sal na aanleiding van die verhoor ondersoek word.

Volgens regter Siraj Desai, die waarnemende voorsitter van die raad van KSUT, word hulle verbind met die onreëlmatighede waarvoor Bayat ondersoek is.

’n Ondersoek is in September begin toe Bayat se bedenklike optrede deur die destydse registrateur van KSUT, Alwyn van Gensen, onder die raad se aandag gebring is.

Die ondersoek is deur ’n onafhanklike bemiddelaar, Sarah Christie, gelei en ’n diepgaande verslag is oor die ondersoeke uitgereik.

Bayat is ná ’n verhoor wat etlike dae geduur het, skuldig bevind.

Volgens Desai is bevind dat Bayat die prosedure vir die aanstelling van ’n eksterne eksaminator vir die nasien van ’n verhandeling van ’n meestersgraad-student beïnvloed het.

Dié student was ook ’n konsul-generaal van ’n missie in die Midde-Ooste. Hy het bespiegeling dat dié eksaminator ’n familielid van Bayat is, as onwaar afgemaak.

“Hy is ook daaraan skuldig bevind dat hy finansiële gewin geput het uit ’n ooreenkoms met ’n maatskappy wat studente aangestel het om verkope te doen. Dié werk is as deel van die studente se kursus beskou.”

Die bedrag ter sprake beloop duisende rande.

Laastens het die ondersoek bevestig dat Bayat sy perke as hoof van die fakulteit oorskry het deur ’n student se punte aan te pas.

Hy is onskuldig bevind op ’n aanklag dat hy onregmatig opgetree het deur vir sy vrou ’n aanstelling te help kry by die universiteit se hotelskool.

Bayat beoog om teen die bevindings te appelleer omdat dit volgens hom op feitelike onakkuraathede gegrond is.

“Ek vind dit veral kommerwekkend dat die universiteit se drie sleutelgetuies, mnre. Daan de Goede, Pieter de Jager en prof. André Slabbert, nou ook ondersoek gaan word,” het Bayat aan Die Burger gesê.

Volgens hom sal die saak waarskynlik na die hof of na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) verwys word.

Bayat was tot in 2007 die voorsitter van CapeNature. Hy is die medeskrywer van die boek A Guide to Managing Research.

Volgens Desai sal die drie personeellede so spoedig moontlik volgens dieselfde prosedure ondersoek word en die posisie van dekaan van die fakulteit besigheidstudie binnekort geadverteer word.

“Ons hoop om die jammerlike hoofstuk in die geskiedenis van KSUT so gou moontlik agter ons te sit.”

- Die Burger

VOLGENDE OP NUUS24X

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

John Allers sê... daar buig u nou . heerlik . Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Pretoria - 18:42 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive Northbound
    DELAYS between the N4 Highway Interchange and Mamelodi East
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.