Kaapse tolgeld 'sal nie belaglik wees'
2011-07-04 15:00
Kaapstad – Kaapse motoriste sal nie so baie soos dié in Gauteng moet opdok as die stad se tolpaaie moontlik vroeg volgende jaar in werking tree nie.
Robin Carlisle, provinsiale minister van vervoer, het gesê die stad se motoriste sal nie die "belaglike" fooi van 40 c vir ligte voertuie en 11 c vir taxi's per kilometer, soos in Gauteng, hoef te betaal nie.
Die tariewe vir Kaapstad moet nog gefinaliseer word.
"Ons plan is dat die tariewe laag gehou word. Ek waardeer dat die paaie instand gehou moet word, maar nie teen daardie belaglike syfer per kilometer nie," het Carlisle gesê.
Die Suid-Afrikaanse Padvervoeragentskap (Sanral) wil die N1, N2 en R300 teen 'n koste van R14 miljard opgradeer. Die padwerke sal teen Maart aanstaande jaar begin.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter