Kaapse tiener doodgeskiet
2010-06-14 11:31
Johannesburg – ‘n 15-jarige seun het onderweg na die hospitaal aan ‘n skietwond beswyk nadat hy deur twee verdagtes geskiet is, het die polisie Maandag gesê.
“Die voorval het Saterdagaand omstreeks 22:00 in Kewtown, Athlone plaasgevind. Twee verdagtes het die seun genader en op hom losgebrand,” het ao. Ian Bennett, polisiewoordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Hy is glo aan die regterkant van sy liggaam gewond en het onderweg na die hospitaal gesterf nadat plaaslike inwoners hom te hulp gesnel het.
Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.
Enigiemand met inligting word gevra om die Athlone-polisiestasie by (021) 697 9238 te kontak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA