Kaapse skoolmeisie (14) met mes gesteek
2011-06-14 21:55
Kaapstad - 'n Skoolmeisie (14) van Kaapstad is in 'n ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Dinsdag verskeie kere met 'n mes gesteek is, het EyewitnessNews berig.
Die Graad 8-leerling is buite die ingang van die Good Hope Seminary-skool in Gardens, Kaapstad, na bewering deur 'n mede-leerling aangeval.
Sommige skoolkinders het aan Eyewitness News gesê die verdagte het aangedring dat die slagoffer haar selfoon aan hom gee.
'n Motorwag wat die voorval sien gebeur het, het gesê hy het eers gedink die skoolkinders was besig om grappe te maak.
Ryan Morris van die Tamboerskloofbuurtwag-organisasie het gesê die meisie het vyf steekwonde aan haar liggaam.
Lees verder.
- EyewitnessNews