Kaapse meisie (3) steeds vermis
2011-06-06 15:24
Kaapstad – Die polisie in Bellville sê hy het nog geen nuwe inligting ontvang oor die verdwyning van 'n driejarige meisie nie.
Chanté Christoffels het vermoedelik met 'n ander kind gespeel terwyl haar ouers as motorwagte in die omgewing gewerk het.
Ooggetuies beweer hulle het Chanté met 'n vreemdeling sien stap. Die vrou het glo belowe om vir haar 'n jogurt te koop.
November Filander, polisiewoordvoerder, het 'n beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting.
Filander het gesê die polisie het probeer om 'n identikit van die vermiste kind saam te stel, maar die ouers kon nie 'n beskrywing van die kind gee nie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter