Kaapse man verdrink toe hy vrou wou red
2011-10-10 11:48
Kaapstad – 'n Kaapse man het verdrink nadat hy 'n vrou wou red wat by Kogelbaai in die moeilikheid was.
Sterk deinings het die 25-jarige man van Mitchells Plain oorval toe hy Saterdag na die vrou geswem het.
Die vrou is gered en na die Helderberg-hospitaal geneem.
Beamptes sê die man en vrou het vermoedelik buite die afgebakende gebiede van lewensredders geswem.
Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Stad Kaapstad se rampbestuur-afdeling, het 'n beroep op lede van die publiek gedoen om waarskuwingstekens te gehoorsaam.
Hy het gesê die see is steeds onstuimig.
"Die weerkantoor het 'n waarskuwing uitgereik vir sterk deinings wat tot Dinsdag aan die spesifieke gedeelte van die kuslyn sal voortduur."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter