Kaapse hotel op swartlys oor beweerde diefstalle

2010-08-30 22:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ‘n Kaapstadse vyfsterhotel is deur die Verenigde State se konsulaat op die swartlys geplaas ná bewerings oor talle diefstalle aan die lig gekom het.

Beamptes van die Verenigde State wat gaste by die Westin Grand was, het die bewerings van diefstalle oor dié hotel, wat langs die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (CTICC) is, gemaak.

Amerikaanse burgerlikes in Suid-Afrika is via ‘n e-pos oor die hotel gewaarsku.

Die konsulaat het ook op die ambassade van die Verenigde State se webtuiste gesê dat werknemers en kontrakteurs van die Amerikaanse regering aangeraai is om nie by die Westin Grand te bly nie.

Volgens die e-pos is die kennisgewing gemaak aangesien talle diefstalle by die hotel deur werknemers van die Amerikaanse regering aangemeld is.

Die e-pos sê geen van die diefstalle was gewelddadig nie.

Die werknemers van die Amerikaanse regering het glo die voorvalle van diefstal op 11 Augustus by die hotel aangemeld.

Die situasie word tans ondersoek.

Volgens Nathan Holt, woordvoerder vir die konsulaat, werk hulle tans met die Westin Grand om hierdie kwessie op te los.

Volgens hom is die e-pos aan die Amerikaanse gemeenskap in Suid-Afrika gestuur.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Lees meer oor: hotelle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Adele sê... Enige plek is beter as die stowwerige Orania... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.