Kaapse dwelmnes oopgekrap
2011-02-28 19:00
Kaapstad – Die polisie in die Wes-Kaap het beslag gelê op tik met 'n straatwaarde van R400 000 by 'n dwelmnes in Wellington.
Polisiebeamptes het 'n stilstaande voertuig en 'n nabygeleë huis Sondagaand ná 'n wenk van die gemeenskap deursoek.
Celeste Barkhuizen, polisiewoordvoerder, het gesê toe die motor na die polisiekantoor gesleep is, het hulle nóg dwelms in die voertuig gevind.
"Hulle het die voertuig uit mekaar gehaal en 10 plastieksakke met 1,23 kilogram tik met 'n straatwaarde van meer as R400 000 gevind."
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter