Kaapse brandweer het hul hande vol
2010-12-30 13:17
Kaapstad - Die Kaapstadse brandweer het hul hande vol met 'n brand op die hange van Tafelberg, het RSG berig.
'n Woordvoerder van die Kaapse brandweerdiens, Theo Lane, het kort ná 17:00 gesê die brande, wat deur 'n sterk suidoosterwind aangevuur word, brand op twee fronte, naamlik bo Military Weg en bo High Level Weg, berig SAPA.
Volgens Layne word geen eiendom op die oomblik bedreig nie. Hy sê daar is vier brandweerwaens en ses hulpvoertuie op die toneel, terwyl 'n helikopter ook help.
Ook op die sosiale netwerk, Twitter, gons dit oor die rookwolke wat glo bo Seinheuwel hang. (Stuur jou foto's aan Nuus24)
Volg Nuus24 op Twitter.