Kaapse bordeel 'dalk deel van sindikaat'

2011-09-12 21:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ‘n Chinese vrou wat na bewering aangehou het om haar bordeel-onderneming te bestuur terwyl sy op borgtog vry was, mag dalk ‘n lid van ‘n internasionale sindikaat wees, het die Goodwood-streekhof Maandag gehoor.

Sers. Alfons de Leeuw, ‘n georganiseerde misdaad-speurder, het getuig by die vrou se tweede borgtogaansoek voor landdros Kathy Page.

Die vrou se naam mag nie bekend gemaak word voor sy pleit op die aanklagte nie.

In die eerste geval, wat op die rol is in die Parow-streekhof, staan die vrou en ‘n jonger vrou tereg op 13 aanklagte, wat mensehandel vir seksuele doeleindes insluit.

Beide was vry op borgtog van R5 000, maar die polisie het ‘n tweede klopjag op ‘n huis in Marais-straat in Goodwood uitgevoer, waar die bordeel na bewering bestuur is.

De Leeuw het aan die hof gesê die ouer vrou sal nou tereg staan op bykomende aanklagte van mensehandel en die besit van dwelms.

De Leeuw het, toe hy deur Staatsadvokaat M Mazondwa ondervra is, gesê dit is moontlik dat aanklagte van afpersery en geldwassery ook bygevoeg kan word.

Die tweede klopjag is uitgevoer nadat ‘n polisiebeampte in Julie ‘n klag ontvang het oor onwettige aktiwiteite by die huis in Goodwood.

Die beampte en ‘n konstabel van die eenheid teen georganiseerde misdaad het drie jong Chinese vroue in verskillende slaapkamers van die huis gekry.

Al drie was masseuse in China en het geantwoord op ‘n internet-advertensie vir beskikbare poste by ‘n masseersalon in Kaapstad.

Toe hulle in Kaapstad aangekom het, is hulle na die huis in Goodwood geneem, waar hulle hul paspoorte aan die Chinese vroue moes oorhandig. Die vrou het gesê hulle sal as masseuse werk, maar sal ook bereid moet wees om seks met kliënte te hê.

Sy het aan hulle gesê hul reis van China af het haar R32 000 elk gekos en dat hulle sal moet werk totdat dié geld terugbetaal is.

Die drie vroue het die volgende dag as masseuse en prostitute begin werk. Hulle moes al die geld wat hulle gemaak het, direk aan die vrou betaal.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: prostitusie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.