Kaap-student in huis vermoor

2010-04-30 08:26
Tweets Share Share line Print

Kobus Pretorius en Jodine Cloete

Kaapstad - ’n Student van Woodstock is wreed aangeval en vermoor toe daar by sy huis, wat minder as 500 m van Woodstock se polisiekantoor is, ingebreek is.

Dane van Zyl (21), ’n student in besigheidsbestuur aan Unisa, is tussen 07:00 en 10:00 in sy huis in Pleinstraat, wat hy met sy broer en dié se vriend gedeel het, aangeval en verskeie kere met ’n mes in sy nek, bors en bene gesteek.

Dit is die tweede moord in Woodstock binne drie dae. ’n Man (25) wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is Dinsdag in Albertstraat met ’n mes vermoor.

Sedert 2006 is minstens twee akademici en twee studente van die Universiteit van Kaapstad in dieselfde omgewing vermoor en is ao. Lourens le Roux voor die Woodstock-polisiekantoor doodgeskiet.

Volgens Van Zyl se broer, Uriah (26), is hy en sy vriend omstreeks 07:15 werk toe. Hulle is albei bouers.

Uriah het later teruggekeer huis toe om ’n sakekennis te ontmoet, maar eers by ’n winkel stilgehou om melk te koop.

“Toe ek die voordeur oopsluit, het ek my broer in ’n plas bloed op die vloer aangetref.

“Daar was verskeie meswonde aan sy lyf. Daar was oral bloed,” het hy gesê.

Uriah het sy broer in sy bakkie gelaai en na die Chris Barnard-gedenkhospitaal gejaag, waar hy kort ná sy aankoms dood is.

’n Vriend, Oliver Dolby, het die polisie na die huis ontbied.

Met Die Burger se aankoms op die toneel het geskokte vriende Uriah bygestaan en omhels. Vlekke van sy broer se bloed was duidelik op sy klere sigbaar.

Volgens sers. Hilton Malila, polisiewoordvoerder in Wood­stock, het die moordenaar die kombuisvenster gebreek om toegang tot die huis te kry.

Van Zyl was alleen tuis ten tyde van die voorval.

“Die man het met ’n skootrekenaar en ’n selfoon weggekom. Hy het deur ’n stegie langs die huis gekom en oor die muur van die bure geklim,” het Malila bygevoeg.

Nadat hy uit die moordhuis gevlug het, het bure hom in hul agterplaas gesien.

’n Struweling het tussen hulle ontstaan toe hulle hom in hegtenis wou neem.

Die aanvaller, wat ’n rugsak by hom gehad het, het losgeruk, die rugsak laat val en weggehardloop.

In die sak was DVD’s, ’n Play­Station en rekenaarkabels. Uriah het aan die polisie bevestig dat dit aan hulle behoort.

Volgens Malila het die bure gesê die man was vol bloed.

Die bure het ook gesê hulle het die verdagte al voorheen in die omgewing gesien.

“Die aanvaller is ’n jong, kort man en sy arms is vol tatoeëermerke.”

Geen wapen is op die toneel gevind nie.

Uriah het gesê sy broer was ’n warm, liefdevolle mens wat vir ander omgegee het.

“Almal het van hom gehou. Hy sou nooit enigiemand seermaak nie.”

Die broers se ouers was uit die Noord-Kaap op pad na Kaapstad. Hulle woon naby Kimberley.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.