Kaap mag hiér vuurwerke skiet
2011-12-29 13:09
Die Stad Kaapstad het 8 plekke aangedui waar vuurwerke op Oujaarsaand geskiet mag word.
Tussen negeuur en middernag sal daar op dié plekke openbare veiligheidsamptenare aan diens wees:
Theo Marais Park, Koeberg Road, Milnerton.
Bishop Lavis Sportveld, Bishop Lavis.
Wesfleur Sportveld, Reygersdal rylaan, Atlantis.
Macassar strand parkeerarea.
Swartklip Sportkompleks, hoek van Spine en Swartklipweg, Mitchells Plain.
Maiden’s Cove parkeerarea, Kampsbaai.
Athlone Stadion parkeerarea.
Sunrise Beach parkeerarea, Muizenberg.
'n Lid van die burgemeesterskomitee oor openbare veiligheid, JP Smith, sê dit is onwettig om op enige ander plek vuurwerke te skiet en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, sal vervolg word.
– Die Burger
- SAPA