Kaap-leerling se testikel verwyder na aanval

2011-02-06 08:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Leerling aan die spogskool Paarl Gimnasium is Saterdag geopereer nadat hy vroeër in die week erg aangerand is terwyl hy in sy koshuiskamer geslaap het.

Een van Dawid-Hendrik Roux (15) van Ashton se testikels is in die Louis Leipoldt-hospitaal in Bellville verwyder.

Hy is Maandagnag net ná middernag geslaan of geskop, klaarblyklik deur ander koshuisinwoners.

Dawid-Hendrik is in gr.10 en lid van die skool se o.19 A-krieketspan.

Sy ontstelde ouers, Riaan en Beattie Roux, was gister aan sy sy.

Roux het gesê hy gaan, met sy seun se toestemming, ’n aanrandingklag indien sodra die skuldige(s) uitgewys is.

Dis klaarblyklik die soveelste ongure voorval in dié koshuis, het Saterfag aan die lig gekom, en die tweede keer dat Dawid-Hendrik deurloop.

Hy het twee jaar gelede harsingskudding opgedoen toe hy een nag in sy koshuisbed met ’n kussing bygedam en hy sy kop gestamp het.

Al wat sy ouers nog uit hom kon kry oor die slanery Maandagnag was dat “hulle” dit gedoen het. Hy het ook gesê hy het wakker geword van die houe op sy geslagsdele.

“My kind is ’n diep slaper. En sy twee kamermaats sê alles het so vinnig gebeur dat hulle ook nie weet wie dit gedoen het nie.”

Roux sê hy en sy vrou is Dinsdag 06:00 wakker gebel.

“Die skool sê toe my kind gooi heeltyd op. ’n Onderwyser het hom dokter toe geneem. Die pyn het al hoe erger geword. Ons het hom Woensdag na die Medi-Clinic Vergelegen in Somerset-Wes geneem. Daar het sonars getoon die bloedtoevloei na een testikel is afgesny en dat dit verwyder moet word. Dit het Dawid-Hendrik so ontstel dat hy geweier het om terug te gaan Medi-Clinic toe. Ons het hom eers gekalmeer en hom Vrydag na Bellville toe gebring.

“Dáár was dr. Loch van Niekerk se bevinding dieselfde.”

Roux loof die manier waarop James Genis, die skoolhoof, die saak hanteer. Maar hy het geen goeie woord vir André Oberholzer, die koshuisvader, nie.

Oberholzer was aggressief toe hy Dinsdagoggend die voorval wou bespreek, sê Roux.

“Hy was dadelik op die aanval en het nooit na Dawid-Hendrik uitgevra nie. Ek het gesê ek gee die skool sewe dae om uit te vind wat aangaan. Oberholzer het gesê hy laat hom nie dreig nie en my uit sy kantoor gejaag.

“Volgens Dawid-Hendrik het Oberholzer hom Dinsdagoggend gevra: ‘Wat het jy nou al weer gedoen?’

“Gister het hoeveel ouers en kinders gebel en van die verskriklikste goed vertel wat in daai koshuis aangaan. Ek kan dit nie oorvertel nie. Hulle sê ek is al een met die guts om op te staan,” sê Roux.

Hy sê hy het reeds met die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) gepraat. “Die departement erken dis ernstig en ondersoek dit. Ek is aangeraai om ’n aanrandingklag in te dien.”

Genis het aan Rapport gesê: “Ek vra tyd om die saak deeglik te ondersoek. Ek is nog nie oortuig dat die inligting wat aan ons meegedeel is, die volle waarheid is nie.

“As énige skuld voor die skool of leerlinge se deur gelê kan word, sal ons nie skroom om sterk op te tree nie. Die skool en beheerliggaam gee die WKOD ons volle samewerking.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: paarl  |  skole  |  aanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.