Kaap is vrot van die dwelms

2012-02-09 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die polisie in die Wes-Kaap het die afgelope 22 maande op dwelms ter waarde van meer as R12 miljard beslag gelê.

’n Miljoen liter alkohol is ook afgevat.

Dié geld is 12 keer meer as die waarde van die onwettige goedere in die tabak-, klere- en tekstielbedryf waarop die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in die boekjaar 2010-’11 beslag gelê het.

Lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiehoof, het Woensdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gesê dwelms word daagliks in die provinsie gevind.

Dié suksesse is deels te danke aan ’n projek om passasiersbusse, taxi’s en koeriervoertuie by alle toegangsroetes tot die provinsie te deursoek.

Die projek is op 1 April 2010 op Beaufort-Wes begin. In een week is daar in passasiersbusse op dwelms ter waarde van R15 miljoen beslag gelê.

’n Busbestuurder is verlede week in hegtenis geneem en beslag is gelê op ’n passasiersbus nadat die polisie ’n groot besending van die dwelmmiddel khat gevind het. Die polisie kry goeie samewerking van busmaatskappye.

Busmaatskappye is nou verplig om toe te sien dat elke stuk bagasie met die passasier se naam gemerk is.

In nog ’n geval is ’n groot besending dagga in die Suid-Kaap gevind op ’n swaarvoertuig wat motors vervoer.

Dwelms is ’n groot oorsaak van misdaad in die Wes-Kaap, het Lamoer gesê. “Dit het verlede jaar aan die lig gekom dat die jongste dwelmverslaafde in die Wes-Kaap nege jaar oud is. Tik is nie die gewildste nie. Heroïen is baie meer verslawend as enige ander dwelmmiddel.”

Volgens hom het die Wes-Kaapse polisie agtergekom dat bendes nie meer op mekaar skiet nie. “Hulle steek mekaar nou omdat die vuurwapens al hoe minder word namate op onwettige wapens beslag gelê word. Ons het tans 11 000 vuurwapens waarop ons beslag gelê het en wat vernietig gaan word.”

Rooftogte by sakeondernemings het ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 die hoogte ingeskiet. “Altesaam 80% van dié rooftogte vind plaas by spaza- of huiswinkels. Slegs 33% van die slagoffers van rooftogte by sake-ondernemings is Suid-Afrikaners – die res is almal buitelanders.”

Volgens Lamoer bank dié winkeleienaars nie hul geld nie, maar hou hulle dit in hul winkels. Dié winkels doen ook dag en nag sake.

’n Groot groep Namibiërs is vroeër aangekeer ná ’n vlaag huisrooftogte in Claremont.

Die polisie het ook ’n operasie teen perlemoensmokkelary begin.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: dwelms

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.