Kaalbaskoning los planne vir oord by Orania

2010-06-23 08:11
Tweets Share Share line Print

Jana Engelbrecht, Volksblad

Kimberley – Die mense van Orania kan ontspan.

Beau Brummel, die kaalbaskoning van Suid-Afrika, gaan nie meer in sy geboortepakkie by die dorp paradeer nie.

Brummel het Dinsdag aan Volksblad gesê hy het sy planne om ’n nudiste-kolonie by Orania te vestig, finaal laat vaar.

“Ek wou geld maak met die Wêreldbeker-sokkertoernooi, maar nou is hier omtrent niks mense nie en dis vrek koud.”

Brummel het gesê hy het in sy geestesoog duisende wit kaalbasse in die son sien lê op ’n plaas by Orania.

“Baie Europeërs is nudiste. Hulle loop almal kaal op hul strande rond. Niemand is skaam nie. Ek wou hulle almal bymekaarbring. Dit sou ’n wit nudiste-oord wees vir al die wit Europeërs.”

’n Verligte Brummel sê hy is bly hy het nie geld aan só ’n oord bestee nie.

“Dit sou ’n volskaalse flop wees! Ek sou geld verloor het. Fifa het 600000 sokkerondersteuners van Europa verwag. Hier het slegs 50000 opgedaag. Ons hotelle is leeg.”

Sy nuwe plan vir kaalbasse is om in die Drakensberg ’n nudiste-kamp te begin.

“Ek sal net wag vir die somer. Dit kan sommer ’n geskiedenis-les ook wees. Ek het die perfekte plaas gekry waar die Voortrekkers in die Groot Trek Natal ingegaan het.

“Die plaas het volop wild en is baie mooi. Daar lê sommer ’n paar antieke wiele van ’n ossewa ook rond.”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: nudiste  |  orania

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

frankflower sê... Naar, Pienaar, Kotze... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

K2 SAP FICO Consultant

South Africa. Durban
Hire Resolve
R250000 - R350000

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.