KZN - winde ruk motor om
2009-08-18 14:51
Pietermaritzburg – Twee mense is ernstig beseer in ‘n ongeluk in Pietermaritzburg wat deur sterk winde veroorsaak is, het mediese werkers gesê.
“Die mans het ongeveer 14:00 in ‘n bakkie met ‘n sleepwa op die N3 in die rigting van Durban gery,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911 gesê.
“Die sterk winde wat in die area waai het veroorsaak dat die sleepwa losgehak en heen-en-weer begin swaai het en gevolglik die voertuig by die New England pad afrit omgegooi het.
Hy het gesê dat mediese werkers die mans uit die motor gehaal het.
Hulle is na ‘n hospitaal in Pietermaritzburg geneem met ernstige beserings.
- Sapa