KZN-tussenverkiesings verloop glad
2010-07-21 11:45
Durban – Al die verkiesingslokale vir die vier munisipale tussenverkiesings in KwaZulu-Natal het Woensdagoggend betyds hul deure oopgemaak, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
“Die verkiesingsproses verloop seepglad by al die stempunte. Geen probleme is nog aangemeld nie,” het Thabani Ngwira, OVK-woordvoerder in KwaZulu-Natal, gesê.
Die tussenverkiesings vind plaas in Nongoma, Ulundi, Richardsbaai en Melmoth.
In Nongoma en Richardsbaai is twee poste vakant weens die afsterwe van twee raadslede. Die raadslede in Ulundi en Melmoth is uit hul poste geskors.
Verkiesingslokale het 07:00 hul deure geopen en sal 21:00 weer sluit.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA