KZN se nuwe gesondheidshoof
2009-08-04 14:59
Johannesburg- ‘n Ervare dokter wat voorheen in Gauteng en Mpumalanga gewerk het, is aangestel as die nuwe hoof van die departement van gesondheid in Kwazulu-Natal.
Dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR van die departement, sê hy het baie vertroue in dr. Sibongile Zungu.
“Ek weet sy sal ‘n sukses hiervan maak,” het Dhlomo gesê.
Die departement se vorige hoof, Busi Nyembezi, was op verpligte verlof voordat sy afgedank is.
Sy is daarvan verdink dat sy ingemeng het met die toediening van tenders aan ‘n maatskappy wat deur haar man besit word.
–Sapa