KZN-polisie skiet man dood
2011-10-12 18:54
Johannesburg – ‘n Man is dood in ‘n skietery met die polisie in Welbedacht in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Woensdag gesê.
Die polisie het Dinsdag op ‘n wenk gereageer en die huis van vermeende misdadigers genader toe hulle onder skoot kom, het kapt. Thulani Zwane gesê. ‘n Skietery het ontstaan tussen die vermeende misdadigers en die polisie.
Twee mans het gevlug. ‘n Derde man is doodgeskiet.
Volgens Zwane is die mense in die huis met verskeie misdade verbind, insluitende kapings, huisrooftogte, moord en pogings tot moord.
“Twee pistole en ‘n Mazda 323 wat in Oktober in Chatsworth gekaap is, selfone en CD’s is by die huis gevind,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter