KZN-mans vas vir dwelms
2011-12-17 15:44
Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem nadat dwelms in hul besit gevind is.
'n Derde verdagte is ook gearresteer nadat hy polisiebeamptes in Durban, KwaZulu-Natal wou omkoop.
Volgens kol. Jay Naicker is 'n 42-jarige man Vrydag gearresteer nadat dagga in sy besit gevind is.
Die polisie het die dagga in 'n winkel se yskas by 'n inkopiesentrum gevind.
'n Twee-en-vyftigjarige man, wat die eienaar van die winkel is, is ook in hegtenis geneem nadat hy die polisie R10 000 aangebied het om nie die ander man te arresteer nie.
Die polisie is na Yellowwood Park gelei waar 'n 41-jarige man in die besit van 6 kg dagga gevind is.
Volgens Naicker het die dwelms 'n straatwaarde van ongeveer R50 000.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA