KZN-kriminele besny teen MIV
2010-10-29 11:00
Durban – Die KwaZulu-Natalse regering sal binnekort begin om gevangenes te besny om sodoende MIV-infeksies onder hulle te verminder, het dr. Sibongiseni Dhlomo, die LUR vir gesondheid, gesê.
“Ons sal binnekort begin om gevangenes te besny in ons veldtog om infeksies te verminder,” het hy gesê.
Altesaam 229 besnydenisse is al op mans uitgevoer sedert die provinsiale regering in April met die program begin het.
Volgens Dhlomo het die departement ‘n mikpunt van 2,5 miljoen besnydenisse, wat hulle teen Junie 2014 wil bereik.
Besnydenisse onder Zoeloes was oorspronklik tradisioneel uitgevoer.
Met die toestemming van koning Goodwill Zwelithini sal die regering die besnydenisse medies uitvoer.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA