KZN-bouwerker val van dak af
2010-04-16 12:06
Durban – ‘n Bouwerker is beseer nadat hy vanaf ‘n dak geval het tydens konstruksie aan die Simbiti- gholflandgoed naby Ballito, het paramedici in KwaZulu-Natal vrydag gesê.
“Die man was glo deel van ‘n span wat besig was om aan die dak te werk toe hy sy balans verloor en na die grond geval het,” het Jeff Wicks, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
Volgens Wicks het die voorval Donderdag plaasgevind. Met paramedici se aankoms op die toneel was die man in ‘n kritieke toestand.
Na bewering het die man ernstige hoofbeserings opgedoen en is hy per helikopter na die hospitaal vervoer.
- Sapa