KZN bel 911
2013-02-02 12:26
Johannesburg - KwaZulu-Natal se rampbestuurspan sal eersdaags opleiding begin ontvang van die VSA se 911-fonds, het beamptes in Durban Saterdag gesê.
Twee LUR'e, Nomusa Dube en Ina Cronjé, het verlede week met verteenwoordigers van die fonds by die Suid-Afrikaanse konsulaat in in New York vergader, het 'n woordvoerder, Ntokozo Maphisa Saterdag in 'n verklaring gesê.
Volgens die ooreenkoms sal rampbestuurpersoneel opleiding rondom brandbestryding, gevaarlike chemikalieë en chemiese ramp bestuur ontvang.
Die fonds sal ook nagenoeg R22 miljoen se hulpbronne, onder meer brandweerwaens en noodtoerusting, aan KZN-rampbestuur skenk.
Volg Nuus24 op
Twitter.
- SAPA