KZN: Vrou sterf in taxi-ongeluk
2011-09-17 21:55
Johannesburg – ‘n Vrou is dood en 15 ander mense is beseer toe ‘n taxi naby Stanger in KwaZulu-Natal omgeslaan het, het paramedici gesê.
Die bestuurder het glo op die Stanger Blythedale-afdraaipad beheer van die voertuig verloor, het Jeffrey Wicks, ‘n woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die taxi het by ‘n afgrond afgery en verskeie passasiers rondgegooi voor dit bo-op die vrou tot stilstand gekom het.
Sy is op die toneel dood.
Die beseerde passasiers is na die staatshospitaal in Stanger geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA