'Junior' in Cele se plek

2011-10-25 09:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Feitlik onbekende en “relatief junior” polisieman sal genl. Bheki Cele se skoene nou moet vol staan.

Van die polisie se topbestuurslede was Maandag laatmiddag uit die veld geslaan oor genl.maj. Nhlanhla Sibusiso Mkhwanazi (38) se aanstelling as waarnemende nasionale polisiehoof deur pres. Jacob Zuma.

“Ek weet nie wat om te sê nie. Ek weet nie wie hy is nie,” het ’n senior beampte by navraag gesê.

Genl.maj. Nonkululeko Mbatha, nasionale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê Mkhwanazi is goed bekend in die polisie as “Lucky”. Hy het in 1993 by die polisie aangesluit en aanvanklik in openbare-orde-poli­siëring gewerk.

Hy is later na die spesiale taakmag en sedert 2005 is hy die hoof daarvan. In dié hoedanigheid bestuur hy onder meer die lugvleuel, alle gespesialiseerde operasies, die taktiese reaksiespan, die nasionale intervensie-eenhede, mobiele operasies en oorgrens-operasies.

“Ek sien uit daarna om hierdie hele organisasie met energie te bestuur, natuurlik met die hulp van my kollegas en die hele bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens,” het Mkhwanazi in die verklaring gesê.

Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies, het gesê Mkhwanazi se aanstelling is onverklaarbaar, gegewe dat Zuma Cele se vier adjunkte oor die hoof gesien het. “Watter boodskap stuur dit uit deur iemand van ’n redelik ju­nior vlak bó senior mense met jare se ondervinding aan te stel? Dit kan mos nie goed wees vir die orde en dissipline binne die polisie nie.”

Volgens Burger is Cele se skorsing “die laaste episode wat die polisie nodig het” nadat Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, verlede jaar op aanklagte van korrupsie skuldig bevind is.

’n Raad van ondersoek onder leiding van oudregter Yvonne Mokgoro, wat in 2009 as regter van die konstitusionele hof uitgetree het, sal bewerings van wangedrag en die openbare beskermer (OB) se bevindings teen Cele ondersoek en ’n aanbeveling aan Zuma maak. Mokgoro sal bygestaan word deur advokate Terry Motau SC en Anthea Platt.

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het gister op ’n mediakonferensie by die Uniegebou gesê die ondersoek moet so vinnig moontlik afgehandel word.

Die raad kan aanbeveel dat Cele strafregtelik vervolg moet word indien bevind word hy het die Polisiewet of enige ander wet en regulasies oortree.

Cele is intussen met sy volle salaris en voordele geskors hangende die uitslag van die ondersoek. Sy jaarlikse pakket beloop minstens R1,5 miljoen.

Zuma het Cele op 29 Augustus in kennis gestel dat hy ’n raad van ondersoek gaan aanstel en hom gevra om in ’n voorlegging te motiveer hoekom hy nié geskors moet word nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.