Julius se tugsaak haak vas oor klaer

2010-05-04 09:04
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp, Beeld

Kaapstad – Julius Malema, die ANC se jeugleier, is wel in Luthuli-huis voor stok gekry.

Die tugverhoor kon egter volgens die jeugliga aanvanklik nie aan die gang kom nie omdat die nasionale tugkomitee onder die voorsitterskap van Derek Hanekom, adjunkminister van wetenskap en tegnologie, nie kon vasstel wie die klagte aanhangig gemaak het nie.

“Toe ek laas gehoor het, kon die tugkomitee nog nie bepaal van wie die klagte kom nie. Ons wag nou nog vir terugvoering. Hoe kan ’n verhoor aangaan in die afwesigheid van ’n klaer?” het Vuyiswa Tulelo, die jeugliga se sekretaris-generaal, gistermiddag laat gesê.

Sy het bevestig dat Malema vir sy tugverhoor opgedaag het.

Jackson Mthembu, die ANC se nasionale woordvoerder, het gisteraand in ’n verklaring gesê die tugkomitee kon die verhoor nie afhandel nie en sal volgende Dinsdag weer vergader.

Hy het voorts bevestig dat Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, Malema verteenwoordig.

Mthetmbu het vroeër die dag geweier om te sê of Malema skuld beken of ontken het.

Die klagte teen Malema hou glo daarmee verband dat hy die ANC en die regering in oneer gebring het.

Sou die nasionale tugkomitee Malema skuldig bevind, kan hy ingevolge die ANC se grondwet met ’n ligte raps op die vingers – ’n teregwysing – daarvan afkom.

Dit is een van die vier strawwe, waaronder ’n boete, skorsing of uitsetting uit die party, wat die tugkomitee kan uitdeel.

Die ANC se grondwet bepaal dat die tugkomitee sy besluit openbaar moet maak.

Dit bepaal ook dat verlof tot appèl aan die beskuldigde en diegene wat die klagte aanhangig gemaak het, toegestaan word.

Volg Nuus24 op Twitter vir al die jongste nuusberigte

- Beeld

Lees meer oor: julius malema  |  sa politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.