Julius se brouwerk van R140 miljoen

2010-02-28 12:34
Tweets Share Share line Print

Die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, het die afgelope week vir die media gelieg toe hy op ’n mediakonferensie gesê het hy het geen aan­dele in ’n maatskappy met winsgewende staatstenders in Limpopo nie.

Malema het ook gelieg toe hy ontken het dat hy dokumente onderteken het om ’n bestuurslid van SGL Engineering Projects te word. Hy was in Mei verlede jaar nog direkteur van SGL.

Registrasiedokumentasie toon dat Malema 70% van SGL besit.

Sy handtekening verskyn ook op dokumente waar hy hom as ’n bestuurslid van die maatskappy aanstel, waar hy sy vennoot volmag gee om kontrakte namens hom te onderteken en waar hy die meerderheid aandeelhouding in die maatskappy opneem.

Luidens registrasiedokumente vir maatskappye het hy SGL in April verlede jaar laat registreer en beheer oor die maatskappy verkry.

Ingevolge ’n vennootskap­me­mo­ran­dum wat deur Malema en sy vennoot, mnr. Lesiba Cuthbert Gwan­gwa onderteken is, het Malema 700 van 1 000 aandele in die maatskappy opgeneem. Die ander 300 behoort aan Gwangwa.

SGL het sedert dit gestig is meer as R140?miljoen se staatstenders van agt klein munisipaliteite in Limpopo verkry.

Dit wissel van padwerk tot brugbou.

Malema beweer hy het sy regsverteenwoordiger, mnr. Tumi Mokwena, in 2008 opdrag gegee om sy registrasie in alle maatskappye terug te trek. Dit was toe hy ANC-jeugligaleier geword het.

Intussen is daar erge ontevredenheid oor SGL se vakmanskap en die standaard van hul bouwerk.

Dit het nou aan die lig gekom dat:

* drie brûe weggespoel het kort nadat dit deur SGL gebou is;

* tydelike werkers van SGL beweer hulle het nie hul salarisse ontvang nie;

* munisipaliteite klagtes ignoreer dat SGL se vakmanskap nie op peil is nie; en

* SGL sommige projekte nog nie voltooi het nie, hoewel hulle reeds daarvoor betaal is.

By die Kgapane-woongebied, 120 km van Polokwane, is daar nou slegs ’n oorblyfsel van een van die twee brûe wat SGL verlede jaar gebou het.

En die brug wat in die Meloding-woonbuurt gebou is, is in Januarie deur die reën weggespoel.

Mnr. Godfrey Modjadji, uitvoerende burgemeester van die groter Letaba-munisipaliteit, erken die brûe het ineengestort. Hy sê hulle onderhandel met SGL om dit te herstel.

’n Pad wat SGL by Lebowakgomo gebou het, 60?km van Polokwane, is ook in 2008 deur reënwater weggespoel. Dié pad van 5 km is vol sinkgate en ’n gedeelte is nou ’n grondpad.

SGL het R600?000 van die munisipaliteit ontvang om die pad te bou. Die stadsraad het egter nóg R1,3?miljoen weerhou weens SGL se vrot werk.

Me. Nelly Ramoshaba, ’n 60-jarige inwoner, sê die pad is binne dae nadat dit deur SGL voltooi is deur reënwater verwoes.

“Ons kla oor die pad, maar die probleem word nie gehanteer nie.”

Die stortingsterrein wat SGL in 2007 by die dorpie Thengwe, 250 km van Polokwane, begin bou het, is steeds nie klaar nie.

SGL het R490?000 vir dié bouwerk ontvang, maar die stortingsterrein kan steeds nie gebruik word nie. Die bouterrein is met ’n betonmuur toegespan, maar vandale het by die wagte se kamer ingebreek.

Mnr. Kgomotso Racheku (25), ’n plaaslike SGL-werker wat die brug by Kgapane help bou het, sê die maatskappy skuld hom nog R3 000 vir 16 maande se werk.

Dokumentasie van die pro­vin­sia­le wetgewer in Limpopo wys SGL het sedert 2007 kontrakwerk ter waarde van R140 miljoen vir agt munisipaliteite hier gedoen.

Die munisipaliteite ontken hulle het SGL vooruit betaal en beweer SGL het eers eers geld gekry nadat bouwerk gedoen is.

- Rapport

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.