Julius dieper in die sop

2011-12-20 08:54
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die diepte van die politieke pekel waarin Ju­lius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, hom bevind, kan toeneem ná sy stortkop-dansie die naweek in Polokwane.

Malema het Saterdag op die regerende party se provinsiale kongres ’n dansie uitgevoer waarin hy sy vingers soos ’n stortkop bo sy kop gehou het tydens die sing van ’n nuwe proteslied, “Die stortman gee ons opdraande”.

Pres. Jacob Zuma word al meer as vier jaar deur allerlei teenstanders wat hom as onnosel wil voorstel, gespot oor sy stelling in sy verkragtingsverhoor dat hy meen ’n deeglike stort kan oordrag van die MI-virus verhoed.

Alle aanduidings is dat klagtes oor die jongste streke ter ondermyning van Zuma tot nuwe klagtes teen Malema binne die ANC kan lei.

Themba Mthembu, KwaZulu-Natalse sekretaris van die SAKP, het gister gesê verdere tugstappe behoort teen Malema gedoen te word.

“Optrede soos dié is ongekend en behoort ons baie bang te maak. Ons behoort die staatshoof en die land te respekteer.”

Hoewel hy nie aan die ANC wil voorskryf wat om te doen nie, het Mthembu gesê die SAKP in die provinsie sal die saak met die ANC bespreek.

Hy sal egter baie verbaas wees as nuwe tugstappe nie teen Malema gedoen word nie.

Mbuyiseni Mathonsi, die SAKP se provinsiale tesourier, het gesê die bespotting wat nou van Zuma gemaak word, is nie dieselfde as die kritiek op oudpres. Thabo Mbeki voordat Zuma tot partyleier verkies is nie.

Die ander verskil is dat ’n voorval waarin ’n T-hemp met Mbeki se gesig daarop in ’n betoging aan die brand gesteek is, deur al die lede van die regerende alliansie veroordeel is, het Mathonsi gesê.

By navraag het Jackson Mthembu, nasionale ANC-woordvoerder, gesê klagtes oor enige gebeure by die Limpopo-kongres kan eers na afloop van die kongres ingedien word.

Intussen het dit teen gisteraand gelyk of Malema, wie se appèl teen sy skorsing as ANC-lid hangende is, tot die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC in Limpopo verkies sou word. Die uitslag was teen druktyd gisteraand nog nie bekend nie.

Die sowat 1 200 afgevaardigdes het gister in geslote sessies vergader om mosies en beleid te bespreek.

Die grootste groep van die afgevaardigdes is Zuma nie goedgesind nie, en dit lyk of hulle hul meerderheid wil gebruik om mosies en beleidsvoorstelle te aanvaar wat die staatshoof en ANC-leier in die verleentheid sal stel.

Die konferensie se resolusies en beleidsvoorstelle sal vanmiddag aangekondig word.

Dit sal na verwagting ’n resolusie ten gunste van nasionalisering (soos voorgestel deur die jeugliga) en ’n resolusie teen ingryping van die nasionale regering in provinsiale bestuur insluit.

Volgens Sapa het mnr. Soviet Lekganyane, die ANC se provin­siale sekretaris in Limpopo, gistermiddag ontken dat ’n mosie aanvaar sou word dat die ANC Malema nie moet skors nie.

 – Verslagspan: Jan-Jan Joubert, Dries Liebenberg en Piet Rampedi

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.