Julius Malema ‘is ’n bespotting’

2010-03-15 07:10
Tweets Share Share line Print

Skhumbuzo Miya, Die Burger

Durban – Dr. Farouk Meer, broer van die struggle-ikoon prof. Fatima Meer, het op haar staatsbegrafnis Saterdag die ANC en veral Julius Malema skerp gekritiseer.

Meer het Malema, leier van die ANC-jeugliga, as ’n “bespotting” van die Suid-Afrikaanse struggle se nalatenskap beskryf.

Die begrafnis is by die Durbanse uitstallingsentrum gehou nadat Meer die vorige dag in die St. Augustine-hospitaal in dié stad dood is ná ’n lang stryd teen beroerte.

Onder die begrafnisgangers was Winnie Madikizela-Mandela, ’n jare lange vriendin van Meer, en dr. Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier.

Meer het tussen sy trane deur gesê hoewel daar ná 1994 positiewe veranderings in die lewe van die onderdrukte massas was, is dit betreurenswaardig dat korrupsie floreer.

“Ons moet korrupsie uitroei en politici se salarisse verminder. Geld wat aan geskorste staatsamptenare betaal word, is ’n obseniteit.

“Ek kan dit nie verstaan nie en sy (Fatima Meer) kon ook nie.”

Volgens hom was sy suster oor die bogenoemde kwessies bekommerd terwyl sy oor die struggle nagedink het.

In ’n duidelike verwysing na Malema het Meer gesê daar is ’n jong man wat voorgee om die jeug te lei, wat ’n bespotting is vir die nalatenskap van Oliver Tambo, Moses Mabhida en ander struggle-ikone.

Madikizela-Mandela het oor haar laaste besoek aan Meer op haar siekbed verlede week gesê:

“Ondanks die pyn waarin sy was, het sy vir oulaas geglimlag en gefluister: ‘Waar is Nelson?’

“Sy het toe haar oë toegemaak en dít was die laaste keer wat ek haar lewend gesien het.”

Die diens, deur honderde bygewoon, is deur verskeie godsdiens­tige leiers gelei hoewel Meer ’n Moslem was.


- Die Burger

Lees meer oor: politici  |  julius malema

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

frankflower sê... Naar, Pienaar, Kotze... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.