Jub Jub weer in hof
2011-03-18 11:15
Johannesburg – Die musikant Molemo "Jub Jub" Maarohanye en sy medebeskuldigde Themba Tshabalala sal Vrydag na verwagting weer in die Protea-landdroshof verskyn vir hul moordverhoor.
Die ooggetuie Maki Ndlovu sal na verwagting getuienis lewer.
Die beskuldigdes het verlede jaar in hul Mini Coopers gery toe hulle ‘n groep skoolkinders getref het, het die hof Donderdag gehoor.
Die twee jong mans staan tereg op tien aanklagte in verband met die moord op vier skoolkinders.
Andile Mtombeni (19), Phomelelo Masemelo (16), Mlungisi Cwayi (17) en Prince Mahube (17) is dood in die ongeluk.
Fumani Mushanana en Frank Mlabo het ernstige beserings, insluitende breinskade, opgedoen.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA