Jub Jub weer in getuiebank
2011-12-06 12:03
Johannesburg – 'n Staatsaanklaer sal Molemo 'Jub Jub' Maarohanye na verwagting Dinsdag in die Protea-landdroshof onder kruisverhoor neem.
Landdros Brian Nemavhidi het die verhoor Maandag uitgestel om Maarohanye se regsverteenwoordiger kans te gee om transkripsies van getuienis wat vroeër in die verhoor aangehoor is, te bekom.
Maarohanye en Themba Tshabalala staan tereg op vier aanklagte moord nadat hulle glo verlede jaar teen 'n groep skoolkinders, wat op pad huis toe was, gebots het.
Twee van die kinders het ernstige beserings, insluitend breinskade, opgedoen.
Maarohanye en Tshabalala staan tereg op 10 aanklagte, insluitend moord en bestuur onder die invloed van dwelms.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA