Jub Jub: vervolger meng in

2010-03-26 06:58
Tweets Share Share line Print

Sonja Carstens en Daniëlla du Plooy, Beeld.

Johannesburg - ’n Hoofstaatsaanklaer is van sy pligte onthef nadat hy geweier het om adv. Menzi Simelane, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), se opdrag uit te voer om nié borgtog vir die musikant Jub Jub teen te staan nie.

Adv. André (Lampies) Lambrecht (60), hoofstaatsaanklaer van die Wes-Rand, het die opdrag drie keer gekry.

Adv. Gladstone Maema, waarnemende Gautengse direkteur van openbare vervolging (DOV), het Lambrecht twee keer gebel om te sê Simelane het die opdrag gegee.
 
Maema het dié opdrag ’n derde keer in persoon aan Lambrecht herhaal.

Lambrecht het geweier om die opdrag uit te voer tensy hy dit op skrif ontvang, maar hy het nie so ’n skriftelike opdrag ontvang nie.

Lambrecht het nie op Simelane se opdrag gereageer nie en die staat het Jub Jub se borgtog wel teengestaan.

Landdros André Auret het Vrydag borgtog van R10 000 aan Jub Jub (Molemo Maarohanye) toegestaan.

Hy staan tereg op aanklagte van moord nadat hy in ’n ongeluk ná ’n jaagtog in Soweto betrokke was waarin vier skoolseuns dood is.

Jub Jub is ’n dag voordat sy borgtogaansoek sou begin, in aanhouding besoek deur Julius Malema, president van die ANC-jeugliga.

Maema het Dinsdag ’n brief aan Lambrecht gegee waarin hy van sy bestuurspligte onthef en aangesê word om as aanklaer in die hof te werk. Geen redes is daarvoor verstrek nie.

Lambrecht is die afgelope tien jaar hoofaanklaer aan die Wes-Rand. Die aanklaers van onder meer Krugersdorp, Soweto, Randfontein en Roodepoort ressorteer onder hom.

Landdros Gert Jonker, hooflanddros van Johannesburg, het by navraag gesê die hofbestuur is ingelig dat Lambrecht van sy bestuurspligte onthef is. “Ek is geskok. Hy was ’n uiters bekwame hoofaanklaer.”

Manie de Clercq, adjunkhoofbestuurder van die Public Servants Assosiation (PSA), het gesê die saak is by dié staatsdiensvakbond aangemeld.

Die vakbond gaan ingevolge die Arbeidswet stappe doen om Lambrecht by te staan in die “onbillike behandeling” wat hy van sy werkgewer ontvang het.

Lambrecht se demovering kom sonder dat enige tugstappe teen hom gedoen is.

Adv. Jan Henning SC, gewese adjunkhoof van die NVG, het Lambrecht beskryf as “een van die pilare wat die vervolgingsgesag in die laer howe regop hou”.

“As dit (wat gebeur het) so is, is dit ’n growwe belediging vir iemand wat dit glad nie verdien nie en teenoor iemand wat ’n baie groter bydrae tot regspleging gelewer het as diegene wat besluit het om hom van sy bestuurspligte te onthef.”

Toe Maema om kommentaar genader is, het hy gesê Lambrecht se “skuif” het niks met die Jub Jub-saak te doen nie.

“Dis deel van ons strategie om dié mense met kennis na die laer howe te skuif omdat ons hulle daar nodig het en groot sake toenemend in laer howe voorkom.

Dis iets waaraan ons al lank beplan. Drie ander mense (in soortgelyke posisies) is ook op dieselfde dag na laer howe geskuif.”

Volgens Maema is die besluite rondom die skuiwe geneem nog voordat borgtog in die Jub Jub-saak toegestaan is.

Hy het erken hy het met Lambrecht oor die Jub Jub-saak en die toestaan van borgtog gepraat, maar gesê die twee kwessies hou glad nie met mekaar verband nie.

“As DOV moet ek kwessies soos dié (toestaan van borgtog en die aanklagte teen Jub Jub) bespreek. Ons het dit ook gedoen en ek het die besluit aan Simelane deurgegee.”

Lambrecht wou nie kommentaar lewer nie. 

- Beeld

Lees meer oor: ongelukke  |  hof  |  jub jub

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.