Jub Jub-verhoor wéér uitgestel
2011-06-23 15:09
Johannesburg – Die moordverhoor van Molemo 'Jub Jub' Maarohanye en Themba Tshabalala is tot 11 Julie uitgestel.
Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.
Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.
Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
'n Polisieman, metropolisiebeampte en twee ouers het Woensdag in die Protea-landdroshof getuig.
Ike Motloung, Maarohanye se regsverteenwoordiger, het die polisieman daarvan beskuldig dat hy jok.
Motloung het gesê hy sal later aanvoer dat niks wat dié getuie sê, vetrou moet word nie.
Die ouers van twee slagoffers wat die ongeluk oorleef het, het getuig oor die impak wat die voorval op hul kinders se lewens gehad het.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter