Jub Jub-verhoor vertraag
2011-05-27 11:44
Johannesburg – Die verhoor van die moordbeskuldigdes Molema "Jub-Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala is Vrydag in die Protea-landdroshof vertraag
Tshabalala se regsverteenwoordiger, Mlungiseleni Soviti, is laat, het die hof gehoor.
Die hof sal na verwagting na die selfoonvideo van die beweerde "resies" kyk wat deur 'n 18-jarige getuie opgeneem is.
Ntokozo Mahlangu het Woensdag getuig dat sy en haar vriende op die hoek van Mdlalosestraat gestaan het toe sy die twee mans se motors sien.
Sy het aan die hof gesê sy het Jub Jub as een van die bestuurders herken.
Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.
Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.
Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA