Jub Jub-verhoor duur voort

2011-10-11 09:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. – Die verhoor van Molemo "Jub Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala word Dinsdag in die Protea-landdroshof voortgesit.

Die kwaitosanger en Tshabalala het teen meer as 100km/h resies gejaag, het ’n kenner Maandag getuig.

Jub Jub (Molemo Maarohanye) en Tshabalala staan tereg op onder meer vier aanklagte van moord en twee van poging tot moord nadat hulle glo in Maart verlede jaar met hul Mini Coopers tydens ’n straatresies in ’n groep skoolseuns ingeploeg het.

Andile Mtombeni (19), Mlungisi Cwayi (17), Phomelelo Masemelo (16) en Prince Mahube (17) is dood.

Renier Balt, ’n ongeluk-rekonstruksiekenner, het getuig daar was ses skaafmerke op die padoppervlak by die ongelukstoneel, waarvan drie elk deur die twee mini’s gemaak is. Uit dié merke kon hy aflei hoe vinnig hulle gery het.

Maarohanye se silwergrys Mini het teen 112km/h beweeg en Tshabalala se bloue teen 109km/h.

Volgens hom het die motors nié teen mekaar gebots nie, maar gerol omdat hulle oorstuur is.

Adv. Ike Motloung, Maarohanye se regsverteenwoordiger, het vroeër die dag aangevoer die ondersoek was “onbehoorlik en onregverdig”.

Volgens hom het die polisie urinemonsters tien dae lank in ’n sluitkas gebêre voordat dit na ’n laboratorium gestuur is om getoets te word.

Motloung het in Augustus gesê Maarohanye het geldelike probleme en dat hy hom waarskynlik nie verder sal kan verdedig nie. Dit was nie Maandag duidelik waarom hy van plan verander het nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: jub jub  |  kindersterftes  |  moorde  |  hof  |  misdaad  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.