Jub Jub-verhoor begin
2010-10-18 09:12
Johannesburg - Die moordverhoor van die hiphop-kunstenaar Molemo "Jub Jub" Maarohanye en sy mede-beskuldigde, Themba Tshabalala, sal na verwagting Maandag begin.
Maarohanye en Tshabalala word daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir die dood van vier skoolkinders wat in 'n ongeluk gesterf het.
Die twee mans staan tereg op vier aanklagte van moord ná 'n ongeluk in Maart vanjaar die lewens van dié vier kinders geëis en twee ander beseer het.
Die ongeluk het in Soweto plaasgevind toe hul Mini Coopers tydens 'n hoëspoed jaagtog die kinders getref het.
Die staat het vroeër gesê voorlopige toetse toon dat Maarohanye kokaïen en morfien in sy bloed gehad het ten tyde van die ongeluk, terwyl Tshabalala twee keer oor die wettige alkohollimiet was.
Borgtog van R10 000 is aan albei toegestaan.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA