Jub Jub-saak vertraag
2011-05-23 10:49
Johannesburg – Die moordverhoor van Molema "Jub-Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala is Maandag in die Protea-landdroshof vertraag.
Die regsverteenwoordiger van die verdediging, Ike Motloung, is laat, het die hof gehoor.
Geklee in Parents in Action-hemde het familielede van die slagoffers in die hofsaal gesit en wag vir die verhoor om te begin.
Die saak is Vrydag uitgestel sodat 'n metropolisiebeampte kan getuig oor die twee beskuldigdes, wat vermoedelik positief getoets het vir alkohol en dwelms ná die ongeluk.
Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.
Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.
Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA