Jub Jub-saak: verhoor begin
2010-12-13 10:00
Johannesburg - Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Sondag gesê hulle verwag geen vertraging in “Jub Jub” Maarohanye’s se verhoor, wat na verwagting vandag in die Protea-landdroshof begin, berig Eye Witness News.
Jub Jub en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, word daarvan verdink dat hulle vier skoolseuns doodgery het tydens ‘n resies in die strate van Soweto.
Daniswa Khambule, een van die slagoffers se ouma, het gesê indien daar wel vertraging is, sal hulle dit moet aanvaar.
Die verhoor moes reeds in Oktober begin, maar is uitgestel omdat die beskuldigde se prokureur as tydelike regter in die hooggeregshof optree.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.