Jub Jub-saak: gru-besonderhede bekend gemaak

2011-07-11 16:50
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die verhoor van die musikant Jub Jub, oftewel Molemo Maarohanye, en sy medebeskuldigde is in die Protea-landdroshof tot 14 Julie uitgestel.

Raymond Mathenjwa, staatsaanklaer, het gevra dat die saak tot Donderdag uitgestel word omdat hy eers dan weer beskikbaar is.

Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders ingeploeg.

Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.

Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.

Al die oorledenes het kop- en nekbeserings opgedoen, het dr. James Blair Mwesigwa, forensiese patoloog, aan die hof gesê.

Mwesigwa het op 9 Maart 2010 die nadoodse ondersoeke op die lyke uitgevoer.

Hy het gesê al die lyke het bloed in al drie ventrikels van die brein gehad, wat 'n aanduiding was dat hulle erge beserings aan die kop opgedoen het.

Die eerste lyk wat hy ondersoek het, se skedel was aan die linkerkant vergruis en bloed het by die neus en ore uitgeloop.

Mwesigwa het gesê die ondersoek van die tweede lyk het getoon dat die seun nie op slag dood is nie.

"Hy het gesnak en gekreun voor hy dood is."

Die seun se skedel het ook van sy ruggraat verskuif. Hy het gesê dieselfde ding gebeur wanneer iemand gehang word.

Die derde lyk was gedeeltelik onthoof. Mwesigwa het gesê indien die impak harder was, sou die kind heeltemal onthoof gewees het. Slegs die vel het die kop aan die lyf verbind.

Mwesigwa, wat deur Ike Motloung, Maarohanye se regsverteenwoordiger, ondervra is, het prentjies geteken om die oorledenes se beserings aan die hof te illustreer.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.