Jub Jub-saak: 'Getuie weerspreek haarself'

2011-05-23 12:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die metropolisiebeampte wat in die moordverhoor van Molema "Jub-Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala getuig, weerspreek haarself, het Ike Motloung, regsverteenwoordiger vir die verdediging, Maandag gesê.

"Jy weerspreek jouself... In die vorms wat jy het, is daar plek om die tyd in te vul wat jy begin het?" het Motloung aan konst. Velemina Mojela in die Protea-landdroshof gevra.

"Nee," het Mojela geantwoord.

Motloung het haar onder kruisverhoor geneem oor haar getuienis in terme van die tydlyn waarin 'n alkohol- en bloedtoets op Maarohanye en Tshabalala gedoen is. Die getuienis was om te bewys dat die twee mans positief getoets het vir dwelms en alkohol.

Motloung het Mojela, wat twee strate van die ongelukstoneel woon en tuis was ten tyde van die ongeluk, gevra of sy gehoor het toe die ongeluk gebeur het.

"Ek het niks behalwe sirenes van ons polisiemotors gehoor toe ek reggemaak het om werk toe te gaan nie," het Mojela gesê.

"Ek het van die ongeluk gehoor toe ek by die werk kom."

Raymond Mathenjwa, staatsaanklaer, het beswaar aangeteken teen Motloung se ondervraging omdat dit volgens hom nie relevant is nie.

"Die getuie getuig oor die toets vir alkohol en dwelms. Sy het nog nooit getuig oor die ongelukstoneel nie. Ek sukkel om relevansie in die kruisondervraging te kry. Sy het nooit die toneel genoem nie," het hy gesê.

Mojale het aan die hof verduidelik hoe sy te werke gegaan het om die alkohol- en bloedtoets te doen.

Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.

Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.

Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
 
Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: jub jub  |  ongelukke  |  misdaad  |  moorde  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.