Jub Jub-saak: Beampte verloor 'kritieke' bewyse

2011-06-22 15:14
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – 'n Beampte wat teenwoordig was toe die bloedmonsters van Molemo “Jub Jub” Maarohanye en sy medebeskuldigde Themba Tshabalala getrek is, het 'n boek met die monsters se reeksnommers verloor, het die Protea-landdroshof Woensdag gehoor.

Mbulelo Mhaka, metropolisiebeampte, het aan die hof gesê hy het die boek verloor nadat hy in September verlede jaar in 'n ongeluk was en eers in Maart vanjaar teruggekeer het werk toe.

Hy het eers op 15 Junie 'n verklaring afgelê.

Ike Motloung, Maarohanye se regsverteenwoordiger, het Mhaka gevra hoekom hy nie 'n verklaring afgelê het toe die ongeluk plaasgevind het nie.

Mhaka het gesê hy is nooit gevra om 'n verklaring af te lê nie.

Motloung het Mhaka ook gevra hoekom hy nie die reeksnommers in sy verklaring genoem het nie.

Mhaka het gesê sy Engels is nie vlot nie en dat hy 'n fout gemaak het.

Motloung het toe gesê die ondersoekbeampte het hom dalk van die reeksnommers herinner toe hy die verklaring afgelê het. Mhaka het gesê hy het alles self onthou en niemand het hom met die verklaring gehelp nie.

Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.

Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.

Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.

Die verhoor duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter

- City Press

Lees meer oor: jub jub  |  moorde  |  hof  |  misdaad  |  ongelukke  |  padveiligheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.